30
BYBELSE DEUGDE WAAROM JY VIR JOU KINDERS KAN BID.For the English
Version click HERE
- Saligheid: Here, help my kinders
om hulle tot U, die Waarheid, te keer vir die Ewige hewe en hul saligheid.
(2Tim2:3-6, 2Tim2:10)
- Groei in die genade: Ek bid dat my kinders geestelik
sal groei en sal toeneem in die kennis van die genade van God in Christus
Jesus (Ef1:18-19)
- Liefde: Here, leer my kinders
om to lewe in God se liefde deur die Heilige Gees wat in hulle woon. (Gal5:25,
Ef5:2)
- Eerlikheid and Intergriteit: Mag hulle alytd hierdie
karaktertrekke uitstraal en leef . (Ps25:21, Ps1)
- Selfbeheersing: Help my kinders
om altyd selfbeheersing toe te pas onder leiding van die Heilige Gees. (2Tim1:7)
- Liefde vir die Woord van God: Mag my kinders opgroei
met die Bybel, dit liefkry en U woorde "soeter as heuning vind".
(Ps19:9-11, 2Tim3:14-16)
- Geregtigheid: Help my kinders
om reverdig te wees en regverigheid te verstaan en uit te leef. (Ps11:7,
Mig6:8)
- Genade: Mag my kinders U genade en barmhartigheid teenoor
ander uitleef. (Luk6:36)
- Respek vir ouers, owerhede en
ander: Vader, help my kinders om respek te hê vir hul ouers, andere
en die owerhede. (1Pet2:17)
- Selfrespek: Help my kinders om selfrespek te hê
soos die Bybel ons leer: dat hulle geskape is deur die Almagtige Vader en
kosbaar is in Jesus Christus. (Ef2:10, Jcs43:4)
- Betroubaarheid: Laat leifde en
betroubaarheid hul deugde wees, en laat hulle dit nooit verloor nie. (Heb10:22-24,
1Tim4:16)
- Moed: Mag my kinders dapper en moedig wees in U, standvastig
in hulle geloof onder alle omstandighede. (Deut31:6)
- Reinheid: Skep vir my kinders
rein harte, O God. (Ps51:11)
- Vriendelikheid: Laat my kniders se vriendelikheid en
barmhartigheid U sal eer. (1Thes5:15, 11Tim2:24)
- Goedhartigheid, vrygewigheid:
Skenk my kinders die genade om vrygewig en mededeelsaam to wees. Leer hulle
om hulle skatte in die hemel te vergader. (1Tim6:18-19)
- Vredeliewend: Here, laat my kinders vredemakers sal
wees. (Rom14:19)
- Vreugde: (Blydskap) Mag my kinders
altyd die blydskap van die Here ervaar. (1thes5:16)
- Volharding: Here, leer my kinders om te volhard in die
goeie werke. (Heb12:1)
- Nederigheid: O Here, leer my kinders
om waarlik nederig te wees, ook teenoor ander mense (Tit3:2)
- Deernis: Rus my kinders toe met 'n minsame houding en
'n gees van deernis. (Kol3:12)
- Verantwoordelikheid: Here, leer
my kinders om met verantwoordelikheid hul plig na te kom. (Gal6:5)
- Tevredenheid: Vader, leer my kinders die geheim om tevrede
te wees met hul omstandighede, deur die krag van Christus (Fil4:12)
- Geloof: Ek bid dat die geloof
so in hulle harte sal groei, dat hulle alles kan ontvang wat u vir hulle
beloof het. (Luk 17:5,6. Heb 11:1-40)
- 'n Dienende gesindheid: Here, help my kinders om te
dien, eerder as om gedien te wil word. (Ef 6:7)
- Hoop: Mag die God van hoop my
kinders seën met oorvloedige hoop deur die werking van die Heilige
Gees (Rom 15:13)
- Gewilligheid en bekwaamheid: Leer my kinders die waarde
van werk, Here. Leer hulle om te werk vir U en om dankbaar te wees dat hulle
die werk kan doen. (Kol 3:23)
- Hartstog / Passie vir God: O Here,
wek in hulle harte 'n entoesiasme en 'n hartstog vit U, sodat hulle, kom
wat wil, aan U sal vashou. (Ps 116:1)
- Self-dissipline: O Vader, leer my kinders om gesissiplineerd
en met regverdigheid te leef. (Spr 1:3)
- Biddende harte: Leer my kinders
om te bid sonder om ophou, deur die Heilige Gees. ( Ef 5:20, 1 Thes 5:17)
- Vrymoedigheid: Leer my kinders vrymoedigheid om vas
to staan in U en om vir ander leiding te kan gee in die rigting wat U hulle
vit hulle bepaal het. (Jos 1:9)